top of page

GRAANPROJEK - 'Tonne vir TURF'

Hoërskool Bredasdorp het op 27 September 'n "Tonne vir Turf" graanprojek geloots.

Die boere in ons distrik is al hard aan die werk met oestyd wat op hande is en ons wens hul sterkte toe! Ons vra u as boeregemeenskap om 'n paar ton gars / graan / canola te skenk aan ons skool om so fondse te genereer vir ons 5-a-side Astrobaan.


Elke boer wat graan skenk staan 'n kans om baie lekker pryse in die "Lucky Draw" te wen: 'n Leatherman Skeletool CX , Stander Bende egte skaapwol pantoffels, Stanley Adventure Outdoor Cooler, R 1500 Cape Union Mart geskenkbewys asook Bialetti Espresso Maker en vele meer is op die spel!


Mnr Fred Eksteen is ons bemarker vir die projek. Hiermee bedank ons ook Bialetti, Stander Bende van Wellington en Leatherman SA - Awesome Tools vir hul ruim donasies van die "Lucky Draw" pryse. Gaan kyk gerus onder "Sponsors" en ondersteun hierdie besighede met hul fantastiese produkte! Ons is dankbaar vir elkeen wat ons ook op hierdie wyse ondersteun. Dit word opreg waardeer!





















53 views

Recent Posts

See All
bottom of page