top of page

HSB TROLLEY DASH

BAIE GELUK AAN ONS WENNERS!!!

WENNER 1

Janeen Temmers
TROLLEY DASH - SPAR

Janeen Temmers, onderwyseres by De Heide Primêr, het bewys dat sy 'n BD-ma is waarop haar gr 8 dogter, Mischke Temmers, voorwaar trots kan wees.

Janeen is verlede week aangewys as die wenner van die Hoërskool Bredasdorp Trolley Dash-kompetisie; waarna sy verkies het om by Spar haar aankope te doen. Sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt deur binne die een minuut tot haar beskikking , 'n allemintige R1660,00 se kruideniersware in haar trollie te laai. Wat me. Elza Olivier, organiseerder van die kompetisie se hart verder verbly het is dat mnr. Jan van Litsenborgh, eienaar van Bredasdorp Superspar, die bedrag aan Hoërskool Bredasdorp geskenk het.

Die ruimhartigheid en betrokkenheid van Spar by ons skool en in ons gemeenskap, word verskriklik baie waardeer. Mnr. Johan de Villiers van Spar was ñ uitstekende aankondiger. Met sy entoesiasme het hy die hele Spar tot stilstand gebring, tot groot vermaak van die kliënte (toeskouers) in die winkel.

Baie dankie Spar!



WENNER 2

Fiola Cupido
Trolley Dash – Checkers

Fiola Cupido (Gr12-BD), het op Dinsdag, 23 Mei 2023, blitsig deur die gange van Checkers gespoed om soveel as moontlik produkte in haar trollie te laai. Fiola is aangewys as die tweede wenner van Hoërskool Bredasdorp se Trolley Dash-kompetisie. Sy het daarin geslaag om ‘n allemintige R990,00 se kruideniersware binne ‘n minuut in te laai. Haar ouers het beslis rede om te glimlag oor hierdie lekker meevallertjie.


Baie dankie aan mnr. Cedrick Zieff, bestuurder van Checkers, vir hul betrokkenheid. Danksy hul ruimhartigheid is hierdie bedrag ‘n skenking aan die BD’s. Checkers se betrokkenheid by Hoërskool Bredasdorp word beslis waardeer.







BAIE DANKIE SPAR EN CHECKERS!!!

DANKIE AAN ALMAL SE ONDERSTEUNING!



Die TREKKING was VRYDAG, 12 MEI 2023


Follow the link to watch it live:




121 views

Recent Posts

See All
bottom of page