top of page

HSB BLIKSKUD - R35 000

Hoërskool Bredasdorp se leerders het op 23 en 24 September 2021 blik geskud om fondse in te samel vir hul 5-a-side Astro projek. Dit was vet pret vir al die leerders wat of 'n blik kon skud, 'n plakkaat kon vashou of selfs net die 'flyers' kon uit deel.



Baie dankie aan elke persoon wat ons blikskud ondersteun het. Ons kon met die geld wat ingesamel was 140 'turf tiles' koop.

In bostaande foto is slegs 'n paar leerders wat deelgeneem het aan die blikskud projek. Hulle is v.l.n.r Marnél Retief (Hoofmeisie); Phillip Fourie; Janru Retief; Sabrina Meyer; Britney-Leigh Oliver; Zoë Louw en Leani van Lill.

Hierdie leerders se entoesiasme en geesdrif was aansteeklik. Baie dankie julle.


















48 views

Recent Posts

See All
bottom of page